Piemp by Die Tuin van Digters in Wellington, 9h00 Saterdag 16 September.

Piemp pg 1 100kb.jpg

Twaalf jaar gelede het ek vir die eerste keer afgekom op ryk bronne van poësie in die lewens van Kaapse jongomense. Dié ontginning was die begin van piemp. Met piemp wou ek oor die jare vir jongmense ‘n ervaring gee dat hulle elkeen iets het om te sê en dat ek dit wou hoor. 

Piemp is ‘n werkwoord van praat en uitpraat. Maar om om woorde te vind is nie altyd eenvoudig nie. Daarom breek piemp die reëls van stilbly en 'jou plek ken'.    

Saterdag deel die jong digters van Weltevrede Sekondêr in Wellington hulle wêreld met ons. Toe ek agttien maande gelede vir Lethan Fisher vra hoekom hy in Afrikaans skryf, het hy geantwoord: ‘Deesdae dink mense Afrikaans is dood, maar ek wil Afrikaans groot maak.’  

Dié werk slaan my asem weg, laat my lekkerkry, gee my hoendervleis,  laat my huil.. Weltevrede se piempers maak Afrikaans groot.  -  Thérèse Hulme.

 

Piemper Katelin Morris (regs) met haar vriendin en mede-rapper Abigail Bastiaan

FullSizeRender.jpg
 Piemp inspireerder en Weltevrede onderwyseres, Ashlene Ayford, saam met Stacey en Ethan

Piemp inspireerder en Weltevrede onderwyseres, Ashlene Ayford, saam met Stacey en Ethan